Jemeense wetgewers bedank
2011-02-25 18:13
Sanaa – Altesaam agt wetgewers van Jemen se heersende party, General People's Congress, het bedank om teen die geweld in die land te betoog.
Teen-regering-betogers dring daarop aan dat pres. Ali Abdullah Saleh sy amp neerlê.
“Ek het bedank omdat die regering nie menseregte respekteer nie, as gevolg van die aanvalle op betogers en joernaliste en as gevolg van die veiligheidsmagte wat nie hul werk doen nie,” het Abdu Bishr, ‘n wetgewer, aan CNN gesê.
“Dit is, volgens die wet hier, hul reg om te betoog,” het Abdulaziz Jubari, ‘n ander wetgewer, gesê.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.