Jemen: Motorbom eis nege
2011-07-24 18:03
Kaïro – Minstens nege mense is dood en 21 is beseer toe ‘n motorbom ontplof het wat ‘n militêre basis in Jemen se suidelike hawestad Aden geteiken het, het die uitsaaier Al Arabiya berig.
Die bom het ontplof toe troepe gereed gemaak het om van die lugmagbasis in Aden na die Abyan-provinsie, wat al maande lank onder die beheer van Al-Kaïda-militante is, te vertrek. Soldate tel onder dié wat dood is in die aanval.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA