Japan: byna 20 000 het in tsoenami-ramp gesterf
2012-01-11 17:27
Tokio – Tien maande ná ‘n reuse-tsoenami en aardbewing Japan getref het, dui getalle van die polisie aan dat ‘n totaal van 19 294 mense dood is.
Sedert die ramp op 11 Maart 2011 plaasgevind het, is 15 844 mense in die rampsone as dood verklaar, het die nasionale polisieagentskap Dinsdag bekendgemaak.
Dit is steeds onbekend waar 3 450 mense is, het die polisie gesê, terwyl die soektog na lyke – waarvan talle vermoedelik in die see in gespoel het –voortduur.
– Volg Nuus24 op Twitter