Japan: Ontploffing by kernaanleg

2011-03-12 10:24
Tweets Share Share line Print

Tokio - 'n Ontploffing het by die Fukushima-kernaanleg in die noord-ooste van Japan plaasgevind, het Sky News en Japannese televisiekanale Saterdagoggend berig.

Ooggetuies het glo vertel dat 'n ontploffing by die aanleg gehoor is, en het gesien hoe wit rook bo die gebou uitborrel.

Luidens berigte wat op Japannese televisiekanale verskyn het, is twee werkers glo beseer. Een van hulle is in 'n hyskraan se beheerkamer vasgekeer, en is moontlik baie ernstig beseer.

'n Gebou op die aanleg se terrein se mure en dak is glo in die ontploffing vernietig.

Dis steeds nie duidelik of dié ontploffing 'n gevolg is van probleme met die kernaanleg se verkoelingstelsel nie.

Japan se Kyodo News het gesê die uurlikse radioaktiewe straling vanuit die aanleg is gelyk aan die toelaatbare jaarlikse dosis.

Televisiekanale het mense in die omtrek van die aanleg gewaarsku om binneshuis te bly en nie kraanwater te drink nie.

Die meeste van die 51 000 mense wat in 'n tien-kilometer-radius om die aanleg bly is egter reeds ontruim.

Radioaktiewe sesium is Saterdag naby die Nommer-een-kernaanleg by Fukushima gevind, wat vrese laat ontstaan dat 'n kernramp moontlik kan volg.

Intussen is 'n massiewe militêre reddingsoperasie in Japan van stapel gestuur ná die verwoestende tsoenami wat die land Vrydag getref het in die nadraai van 'n 8.9-aardbewing.

Premier Naoto Kan het gesê 50 000 weermaglede is beskikbaar gestel om te help met reddings- en opruimingswerk ná een van die grootste natuurrampe in menseheugenis.

Honderde mense het gesterf in die tsoenami wat Vrydag deur die noord-ooste van Japan gevee het.

Die amptelike dodetal staan tans op 413, met 784 mense wat steeds vermis word en 1 128 wat beseer is. Dié syfers kan egter skerp styg namate reddingswerkers nader aan die gebiede beweeg waar die meeste skade aangerig is.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.