'Ja, ek is lief vir vroue' – Strauss-Kahn
2011-05-18 11:12
New York - Die beleërde Franse politikus Dominique Strauss-Kahn het volgens die Franse dagblad Liberation reeds in April tydens 'n onderhoud erken dat sy presidensiële veldtog kan deurloop as gevolg van bewerings oor "vroue, geld en my Joodsheid."
Strauss-Kahn het Maandag sy eerste hofverskyning gemaak op aanklag dat hy probeer het om ’n 32-jarige skoonmaker in ’n hotel in Manhattan te verkrag.
"Ja, ek is lief vir vroue... Wat daarvan?" het hy volgens die koerant in April gesê.
Strauss-Kahn het ook gesê sy vyande mag dalk probeer om iemand te betaal om hom te beskuldig van verkragting, het die koerant berig.
Strauss-Kahn het hierdie week die luuksheid van top-hotelle ingeruil vir New York se berugte Rikers Island-tronk, waar hy steeds in aanhouding is nadat hy Maandag borgtog geweier is.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP