Ivoorkerwers vas ná klopjag
2011-03-30 19:00
Bangkok - Die polisie in Thailand sê klopjagte is uitgevoer op geheime werkswinkels waar onwettige ivoor na bewering gekerf is.
Die bevelvoerder van die “Natuurmisdaadpolisie” in Thailand, Missakawan Buara, sê die klopjag Dinsdag het 6,6 pond (3 kilogram) seekoei- en walrustande opgelewer. Die polisie het ook fossiele gevind, wat hulle glo aan mammoete uit die prehistoriese tyd behoort het.
Freeland, ‘n vereniging in Bangkok wat wild- en mensehandel beveg, sê daar is ook groot stukke olifanttande gevind. Twee burgers van Thailand, wat met dié fabrieke verbind word, is in hegtenis geneem.
Volgens Freeland het ‘n polisie-ondersoek meer as vyf ton olifanttande opgelewer wat die afgelope 15 maande uit Afrika in Thailand ingesmokkel is.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP