Italië onder voogdyskap van IMF geplaas

2011-11-05 07:25
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Italië is by die spitsberaad van die G20 – die wêreld se 20 rykste lande – in Cannes, Frank­ryk, in die praktyk onder voogdyskap van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) geplaas.

Terselfdertyd het die 20 regeringsleiers besluit dat die IMF meer slaankrag moet kry om die finansiële krisis te bestry. Weens onenigheid tussen veral die VSA en Europa kon geen besluit geneem word oor hoe dit moet gebeur nie. Buite die EU is daar min geesdrif om die groep met kontant te help.

Silvio Berlusconi, Italiaanse premier, moes by die beraad opdaag met uitgewerkte planne oor hoe sy land gaan voorkom dat hy dieselfde paadjie as Griekeland loop.

Die dreigende ineenstorting van die Griekse ekonomie, wat maar 2% van die bruto binnelandse produk van die Europese Unie (EU) bedra, kan nog met moeite gehanteer word, maar Italië het op twee na die grootste ekonomie in Europa. As hý omval, is dit nag vir Europa.

Tog het Berlusconi, wat deur ’n grootskaalse rebellie in sy regerende koalisie verlam is, basies met leë hande opgedaag. Dr. Angela Merkel, bondskanselier van Duitsland, en pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk, wat die stang die laaste dae gebyt het, het die Italianer twee keer eenkant toe geneem om hom goed uit te trap.

Luidens berigte in die Duitse pers het Merkel vir hom gesê sy woorde tel nie meer veel nie, net sy dade. Sarkozy het glo reguit gesê Berlusconi se politieke geloofwaardigheid is na aan nul.

Daarby het pres. Barack Obama van die VSA sy gewig ingewerp agter ’n voorstel om Italië onder voogdyskap van die IMF te plaas. Dié liggaam moet toesien dat Italië sy ekonomie en begroting regruk.

Berlusconi het in die openbaar agter ’n vyeblaar probeer wegkruip – Italië het om die toesig “gevra”, het hy gesê, maar dit was baie duidelik dat hy gedwing is. Die kans is in elk geval goed dat hy sy premierskap aanstaande week kan verloor.

Intussen het Giorgios Papandreou, Griekse premier, gister wanhopig in die Griekse parlement om sy politieke lewe geveg.

Ná die vernederende wyse waarop Merkel en Sarkozy hom gedwing het om die beplande referendum oor die reddingspakket vir Griekeland af te stel, is hy gedwing om ’n mosie van vertroue in die parlement te vra.

Die stemming sou eers laat gisteraand gebeur, maar Papandreou het nominaal ’n meerderheid van slegs twee in die parlement.

Met ’n onbekende aantal lede van sy party wat geen vertroue meer in hom het nie, het sy politieke lewe aan ’n dun draadjie gehang.

Die moontlikheid het ook steeds bestaan dat Griekeland die euro én die EU moet verlaat. Een kommentator het opgemerk dat die drachma, die ou Griekse munteenheid, in só ’n geval deur die vloer sal val en inflasie tot teen die dak sal vlieg.

- Die Burger

Lees meer oor: italië  |  g20  |  imf  |  ekonomie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.