Italië: Premier kap na Berlusconi
2013-01-02 17:07
Rome – Mario Monti, premier van Italië, het sy teenstander in die komende verkiesing, Silvio Berlusconi, gekritiseer oor sy "gesinswaardes".
“Berlusconi het al onvanpaste wapens teen my gebruik, soos gesinswaardes. Niks meer hoef gesê te word nie,” het Monti tydens ‘n radio-onderhoud gesê.
Berlusconi, ‘n drie-malige premier van Italië, is die afgelope paar jaar by 'n rits seksskandale betrek. Hy sal binnekort poog om weer as die premier van Italië verkies te word.
Die Italiaanse verkiesing sal op 24 en 25 Februarie plaasvind.
“Berlusconi verwar my met sy logika. Eers sê hy dat die regering ‘n ramp onder my was, dan sê hy dat ek alles gedoen het wat ek kon. Ek hoop dat die kiesers minder verward is as ek,” het Monti gesê.
Die 69-jarige premier het ook bygevoeg dat sy regering daarin geslaag het om ‘n finansiële ramp in die land af te weer.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP