'Passasierskip was nie van koers af nie'

2012-01-14 22:50
Tweets Share Share line Print

Italië – Die hoof van die maatskappy wat die Italiaanse passasierskip besit wat gestrand het, het Saterdag volgehou die skip was nie van koers af nie.

"Dit is nie korrek om te sê die boot was van koers af nie," het Gianni Onorato, president van Costa Crociere, aan verslaggewers by Porto Santo Stefano, naby die plek waar die ongeluk gebeur het, gesê. 

Die Costa Concordia se romp is Vrydagaand beskadig toe dit aan die Toskaanse kus gestrand het. Drie mense is oorlede.

Volgens Onorato het die skip teen rotse gegaan.

Hy het sy medelye betuig met die families, passasiers en bemanningslede wat geliefdes in die ongeluk verloor het.

Dit is die eerste ongeluk in die geskiedenis van die maatskappy se bestaan en hulle gaan seker maak dat so iets nie weer gebeur nie, het Onorato gesê. Costa Crociere bestaan reeds 60 jaar.

Volgens hom is hul eerste prioriteit om die passasiers terug by hul families te kry.

Altesaam 30 mense is volgens berigte beseer, en twee van hulle is in 'n kritieke toestand. Sewentig ander word nog vermis.

Die skipbreukelinge het skuiling gevind in skole, hotelle en 'n kerk op die klein Toskaanse eiland Giglio. Ander is na Porto Santo Stefano aan die Italiaanse kus geneem.
 
Intussen is die kaptein van die skip, Francesco Schettino, in hegtenis geneem en hy staar moontlike aanklagte van strafbare manslag in die gesig.

Schettino kan moontlik ook aangekla word omdat hy die skip eerste verlaat het en nie gewag het dat al die passasiers eers gered moet word nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AFP

Lees meer oor: italië  |  sterftes  |  skepe  |  toskane  |  bootongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.