Italiaanse joernaliste in Libië vrygelaat
2011-08-25 12:40
Rome – Die Italiaanse joernaliste wat Woensdag in Libië ontvoer is, is vrygelaat, het Italië se departement van buitelandse sake Vrydag gesê.
Die vier joernaliste is deur Muammar Gaddafi se lojaliste as gyselaars aangehou nadat die magte die joernaliste se bestuurder doodgeskiet het.
Daar word berig dat twee van die joernaliste die konflik in Libië vir Italië se top-daaglikse koerant, Corriere della Sera, gedek het.
‘n Ander joernalis het vir La Stampa gewerk terwyl die vierde skrywer Avvenire, ‘n katolieke koerant, verteenwoordig het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP