Italiaanse joernaliste in Libië ontvoer
2011-08-25 10:02
Kaapstad – Vier Italiaanse joernaliste is in Zawiya, Libië, ontvoer.
Volgens 'n televisienuusagentskap werk die joernaliste vir Italiaanse koerante.
Luidens RSG is dit onduidelik wat die situasie rondom hul ontvoering is.
Minstens 30 joernaliste is Woensdag vrygelaat nadat hulle in die Rixos-hotel in die Libiese hoofstad, Tripoli, aangehou is.
Die joernaliste is meer as 'n week lank deur lojale vegters van Muammar Gaddafi aangehou, wat daarvan oortuig was dat hulle steeds die oorhand oor die rebelle in die stad gaan kry.
Volg Nuus24 op Twitter.