Israelse weermag skiet setlaar dood
2011-11-11 14:46
Jerusalem – Israelse soldate het ‘n Joodse setlaar Vrydag op
die Wesbank doodgeskiet toe hulle hom vir ‘n Palestynse militante vegter aangesien het,
het die weermag gesê.
Die troepe beman ‘n beheerpunt naby die stad Hebron en het
op die setlaar se motor geskiet toe dit “vinnig en verdag” verby hulle gejaag
het, het ‘n woordvoerder van die weermag gesê.
Palestynse militantes gebruik glo dikwels motors om Israelse
setlaars en soldate aan te val.
Sowat 500 Israeli’s en 2.5 miljoen Palestyne is in die
Wesbank en Oos-Jerusalem woonagtig.
Israel beset sedert 1967 die gebied.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters