Israel vries jaarlikse uitbetaling aan Unesco
2011-11-03 22:00
Jerusalem – Israel het aangekondig dat hulle hul jaarlikse
bydra tot Unesco gaan weerhou.
Dié besluit kom na aanleiding van dié VN-agentskap se besluit om die Palestynse Owerheid as lid te aanvaar.
Die $2 miljoen (R16 miljoen) wat hulle aan Unesco sou skenk,
sal eerder vir plaaslike samewerkingsprojekte opsy gesit word, het president
Benjamin Netanyahu se kantoor in ‘n verklaring gesê.
Netanyahu het gesê dat Unesco se aanvaarding
van die Palestynse Owerheid as ‘n lidland “nie vrede bevorder nie, maar eerder teenwerk”.
“Die enigste manier om vrede te bewerkstellig,
is deur direkte onderhandelinge, sonder enige voorwaardes,” het hy gesê.
Unesco het Maandag die Palestynse Owerheid as hul
195ste lid aanvaar.
Israel het beswaar gemaak hierteen en sien dit
as deel van die Palestynse Owerheid se pogings om as ‘n onafhanklike staat
erkenning te ontvang voor daar ‘n vredesooreenkoms met Israel gesluit is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA