Israel verwerp ondersoek na Gasa-aanval
2010-06-04 05:56
Jerusalem - Israel het Donderdag die Verenigde Nasies (VN) se besluit om ‘n ondersoek tot die dodelike aanval op hulpskepe in te stel, verwerp en gesê dié menseregte-kommissie het hoegenaamd geen morele owerheid nie.
“Die owerheid van hierdie kommissie, wat weer teen Israel te werke gaan, is op sy laagste punt ooit,” het Ygal Palmor, woordvoerder vir die departement van buitelandse sake gesê.
Die VN se menseregte-kommissie het Woensdag besluit om ‘n onafhanklike internasionale ondersoek tot die aanval in te stel.
Volgens Palmor is van die ondertekenaars van hierdie onafhanklike kommissie, soos Pakistan, Cuba en Saoedi-Arabië in geen posisie om hulself as verdedigers van menseregte te verklaar nie.
Die kommissie het sy afkeur van die aanval getoon.
- Sapa