Israel stuur voorraad, tente na Turkye
2011-10-26 14:15
Kaapstad – Die Turkse regering het van standpunt verander en sê hy sal wel internasionale hulp aanvaar om aardbewingslagoffers te help.
Die naweek se kragtige aardbewing het reeds 452 lewens geëis.
Daar word gevrees dat nog honderde mense onder die puin begrawe kan wees te midde van reddingswerkers wat steeds mense lewend onder geboue uithaal.
Tayyip Erdogan, premier van Turkye, het versoeke aan 30 lande vir hulp gestuur. Israel, wat 'n gespanne verhouding met Turkye het, het onmiddellik begin om noodvoorrade en opslaanhuise na die rampgebied te stuur, het RSG berig.
Japan het $400 000 (bykans R3,2 miljoen) vir hulpverlening geskenk en ook tente gestuur.
Volg Nuus24 op Twitter