Israel bied geen verskoning

2010-06-03 10:35
Tweets Share Share line Print

Tel Aviv – Israel vra nie verskoning nie.

Terwyl strate wêreldwyd, van Londen tot Istanboel, Woensdag vol betogers was wat Israel vir sy aanval op noodlenigingskepe in die Middellandse See veroordeel het, het die Israelse bevolking hul grotendeels by hul weermag geskaar.

Israelse koerante was vol foto’s van Benjamin Netanyahu, premier, wat die gewonde soldate in die hospitaal besoek.

Die Israelse regering het volgehou die aanval was “noodsaaklik”.

Terwyl talle lande die kop van Ehud Barak, minister van verdediging, geëis het, het Barak die Shayetet 13, die weermageenheid wat in die voorval betrokke was, bemoedig met die woorde: “Hierdie is nie Wes-Europa nie. Daar is geen beloning vir swakkelinge nie en geen tweede kans vir diegene wat versuim om hulself te verdedig nie.”

Onderliggend aan al die bravade was daar egter ’n gevoel van vrees dat Israel weens die laaiende spanning nader aan ’n oorlog met sy bure is as in jare.

Op ’n besoek aan die Libanese grens is Beeld deur lt. Lital Schocket, weermagwoordvoerder, te woord gestaan.

“In die Midde-Ooste weet ’n mens nooit wat om te verwag nie. Maar ons sien ’n groot opgaar van wapens deur Hizbollah – hulle het reeds 1 000 missiele wat Tel Aviv kan bereik.”

Op die Siriese grens van die Golanhoogte het maj. Uzi Maor, ’n senior weermaglid, daarop gewys dat hulle drie weke gelede uitgevind het Sirië het sowat 2 000 Scud-missiele wat Tel Aviv sou kon tref.

In Sderot, op die Gasa-grens, het inwoners aan Beeld vertel hulle loop minder gereeld onder Kassam-missiele uit Gasa deur as voor verlede jaar se oorlog, maar daar het verlede week twee Kassams uit Gasa in die dorp geval.

Vyf Palestyne is in Gasa deur die Israeli’s geskiet.

Volgens die weermag was drie van hulle van die Islamitiese Djihad, wat ’n missiel oor die Israeli-grens wou skiet.

In die land se grootste Engelse dagblad, The Jerusalem Post, het die politieke ontleder Shira Kaplan selfs bespiegel Israel se aanvalle op die noodlenigingskepe kon ’n poging deur die Joodse staat gewees het om ’n konfrontasie met Iran, finansierder van Gasa se Hamas-regering, te verhaas.

Amptelik het die Israeli-regering egter enige bybedoelings met die aanvalle ontken.

“Ons het reeds vasgestel dat die skepe ‘koue’ wapens na Gasa vervoer het – messe, pype en bofbalkolwe,” het Schocket aan Beeld gesê.

- Beeld

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: israel  |  gasa-aanval  |  betogings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.