Iranse aktrise kry houe vir rol in film
2011-10-10 19:32
Tehran – ‘n Iranse aktrise, Marzieh Vafamehr, is ‘n
vonnis van 90 houe lyfstraf en 'n jaar tronkstraf opgelê vir haar rol in ‘n omstrede film
oor die frustrasies van kunstenaars in Islamitiese Iran.
Vafamehr vertolk die hoofrol in die film My Tehran For Sale deur Granaz Moussavi, ‘n Iranse filmmaker van gemengde
herkoms.
Die film handel oor ‘n verhoog-aktrise in Tehran wat nie
toegelaat word om op te tree nie.
Sy trou dan met ‘n
Iranse man wat ook ‘n Australiese paspoort het, sodat sy haar drome elders kan uitleef.
Die film beeld die teenstrydighede tussen die
aktrise, ‘n moderne Iranse vrou, en haar tradisionele familie uit.
Vafamehr is die vrou van die bekende Iranse
filmmaker Nasser Taqvaei.
Volgens Taqvaei was dit nie ‘n ondergrondse
film nie en het hulle die nodige toestemming en permitte vir die film verkry.
Die regering voer egter aan dat die vertoon
van die film onwettig is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA