‘Iran, stop pastoor se teregstelling!’
2011-10-01 08:31
Berlyn – Die Duitse regering en die Europese Unie het Vrydag hul stemme gevoeg by die internasionale druk op Iran om die teregstelling van ’n pastoor van ’n klein kerkie te keer.
Past. Joessef Nadarkhani, wat in die 30 is, het hom as 19-jarige uit die Islam tot die Christendom bekeer en later pastoor geword van ’n kerkie in sy tuisdorp, Gilan.
Hy is volgens die Baptist Press in 2009 in hegtenis geneem op aanklag van geloofsversaking en ter dood veroordeel. Dié vonnis is later tersyde gestel, maar hy is weer verhoor en weer veroordeel.
Nadarkhani is vandeesweek vier keer die kans gegun om die Christendom af te sweer, maar het geweier.
Verskeie lande, insluitend die VSA en Brittanje, het vroeër druk op Iran geplaas om dié teregstelling te laat vaar.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP