Iran stel afstandbeheerde straler bekend
2010-08-23 10:45
Tehran – Pres. Mahmoud Ahmadinejad van Iran het die land se eerste plaaslik vervaardigde bomwerper wat sonder bemanning kan vlieg bekendgestel.
Die viermeterlange straler kan vier missiele dra wat sowat 1 000km ver geskiet kan word.
“Die straler is nie net ‘n ambassadeur van die dood vir ons vyande nie, dit dra ook ‘n boodskap van vriendskap en vrede,” het Ahmadinejad tydens die inhuldigingseremonie gesê.
Die doel van die vliegtuig, genaamd Karrar of 'aanvaller', is “om vyande by hul basisse onskadelik te stel”, het die president verduidelik.
Hy het bygevoeg dat die straler vir verdediging gebruik sal word en om vyande af te skrik.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.