Iran maan oor gevolge van olieverbod
2012-02-04 13:30
Teheran – Iran het Saterdag gewaarsku oor markonstuimighede indien sanksies op sy olieuitvoere ingestel word.
Hy het ook Turkye se versoek om afslag op die Islamitiese staat se natuurlike gasuitvoere aan sy buurland afgekeur.
"Die internasionale oliemark sal onstuimigheid in die afwesigheid van Iranese olie ervaar, met onvoorsiene gevolge op oliepryse. Iran kan nie die prys van natuurlike gas vir Turkye sonder wettige magtiging verminder nie," het Rostam Qasemi op 'n mediakonferensie gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters