Iran hang 3 veroordeelde moordenaars
2011-10-20 14:38
Tehran – Drie mans is in Iran gehang nadat hulle ‘n man vyf jaar gelede vermoor het, het die nuusagentskap Fars berig.
Die identiteit van die mans is nie gepubliseer nie. Geen verdere inligting is verskaf nie.
Luidens AFP is 231 mense vanjaar in Iran tereggestel.
Volgens die menseregtegroep Human Rights Watch is 388 mense in 2010 in Iran tereggestel. Amnestie Internasionaal sê egter dat 252 teregstellings uitgevoer is.
Tehran sê die doodstraf is noodsaaklik om orde in Iran te handhaaf.
Mense wat misdade soos moord, verkragting, gewapende roof, dwelmhandel en egbreuk in Iran pleeg, kan die doodstraf opgelê word.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP