Iran hang 12 mans, vyf in die openbaar
2011-05-26 21:47
Tehran – Iran het 12 mans vir onder andere moord,
verkragting, gewapende roof en dwelmhandel gehang. Vyf van die teregstellings
het in die openbaar plaasgevind.
Volgens die IRNA-nuusagentskap is Mehdi
Faraji, ‘n reeksmoordenaar, skuldig bevind aan die moord op vyf middeljarige
vroue en in ‘n openbare teregstelling gehang.
Twee ander mans, Hamid Ranjbar en Hamid Reza
Beqeri, is ook in die openbaar tereggestel op aanklagtes van gewapende roof en
ontvoering.
Twee mans wat skuldig bevind is aan
verkragting, Masoud Dehqan en Mehdi Alipour, is ook in die openbaar gehang.
‘n Verdere sewe mans is op dwelmverwante
aanklagtes in verskeie tronke in Iran tereggestel.
Daar het tot dusver 143 teregstelling vanjaar
in Iran plaasgevind.
Iran sê die doodsvonnis is noodsaaklik om orde
in die land te handhaaf.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP