Iran: geweld is die Weste se skuld
2009-07-31 13:46
Tehran, Iran - Manouchehr Mottaki, Iran se minister van buitelandse sake, het nuwe aantygings teen Brittanje en ander Westerse lande gemaak toe hy beweer het dat dié lande medepligtiges is in die grootskaalse geweld wat ná die land se verkiesings plaasgevind het.
"Westerse lande en Europa het ingemeng met Iran se verkiesings... veral Brittanje”, het ‘n webblad Mottaki aangehaal.
"Dié lande het deur middel van televisienetwerke ingemeng deur bekend te maak hoe om betogings aan te spoor, bomme te bou en ander aktiwiteite wat spaning kan veroorsaak, bespreek het. Hulle is medepligtiges in die misdaad en moorde wat hier plaasgevind het”.
Mottaki het gesê hierdie lande word verantwoordelik gehou vir die geweld wat na die verkiesing vlam gevat het.
- Sapa