Iran gereed om VSA vrou op borgtog vry te laat
2010-09-12 10:31
Tehran - Die staats-televisiekanaal in Iran berig dat die senior aanklaer gereed is om 'n Amerikaanse vrou, wat hier in die tronk aangehou word, op borgtog vry te laat.
Sarah Shourd sou gister vrygelaat word in 'n gebaar van genade om die einde van Ramadan te vier, nadat Iran se president, Mahmoud Ahmadinejad tussenbeide getree het. Die vrylating is egter skielik stopgesit.
Shourd en twee ander Amerikaners, Shane Bauer en Josh Fattal, is op 31 Julie by die grens tussen Iran en Irak in hegtenis geneem. Hulle is daarvan aangekla dat hulle die grens onwettig oorgesteek het en dat hulle gespioeneer het.
Hierdie voorval het die spanning tussen Washington en Iran vererger en het tot druk vir strenger sanksies teen Iran weens die land se kernwapenprogram gelei.
- SAPA