Iran dreig VSA met sluiting van olieroete

2012-01-04 07:37
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Iran en die Weste het Dinsdag op ’n konfrontasie afgestuur met ’n Iranse dreigement teen die Amerikaanse Vyfde Vloot met sy tuisbasis in Bahrein.

Luidens ’n berig wat die Iranse nuusagentskap Irna die wêreld in gestuur het, en onmiddellik deur talle media verder versprei is, het die hoof van die land se weermag, genl. Ataolla Salehi, gesê Iran sal optree as die Amerikaanse vliegdekskip in die omgewing na Bahrein terugkeer.

Die betrokke vliegdekskip, die USS John C. Stennis, het Bahrein vyf dae gelede verlaat en deur die Straat van Hormoez na die Arabiese See gevaar, van waar sy vliegtuie operasies in Afganistan sal steun.

Salehi het dreigend daaraan toegevoeg dat Iran nie sy waarskuwing sal herhaal nie. “Ek raai die Amerikaanse vliegdekskip aan om nie na die Persiese Golf terug te keer nie.”

Hy het nie besonderhede gegee van watter optrede hy bedoel nie. Maar die Iranse vloot het pas tien dae van vlootoefeninge in die Golf voltooi, waartydens drie nuwe missiele getoets is.

Die missiele het na bewering ’n reikafstand van honderde kilometers.

Iran het gesê die doel van die maneuvers was om vir die sluiting van die strategiese Straat van Hormoez te oefen. Iran dreig om dié waterweg af te sluit indien ekonomiese sanksies teen hom verder verskerp word.

Olie word langs dié roete uit Irak, Koeweit, Saoedi-Arabië en die olieryke Golfstaatjies na die wêreldmarkte vervoer. Iran het gesê as hy die straat sluit, sal dit die olieprys – wat nou net meer as $100 (R810) per vat is – moontlik laat verdubbel.

Intussen het Alain Juppé, Franse minister van buitelandse sake, die lidlande van die Europese Unie (EU) gister in ’n onderhoud met die Franse televisie opgeroep om strenger sanksies in te stel in die lig van die Iranse pogings om kernwapens te ontwikkel.

Die EU moet die VSA se voorbeeld volg deur Iran se buitelandse bates te bevries en ’n olieboikot teen hom te begin, het hy gesê.

Die Iranse geldeenheid het die laaste dae met meer as 10% gedaal na aanleiding van die spanning.

– Die Burger

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: vsa  |  iran  |  olie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.