Iran arresteer toeriste
2009-08-01 18:17
Sulaimaniya, Iran - Die staatsbeheerde televisie in Iran het Saterdag bevestig dat drie Amerikaners in Tehran in hegtenis geneem is toe hulle die grens van Irak af wou oorkruis.
Qubad Talabani, die Koerdiese plaaslike regering se verteenwoordiger in Washington, het aan Associated Press gesê die drie mense is toeriste en dat hulle per ongeluk Vrydag Iran ingegaan het terwyl hulle berg geklim het naby die stad van Ahmed Awaa.
"Die iranese sê hulle is in hegtenis geneem omdat hulle die land sonder goedkeuring betree het," het Talabani gesê.
Volgens die Iranese pers het die drie toeriste glo waarskuwings van die die land se grenswagte geïgnoreer en sommer net Iran binnegegaan.
Robert Wood, die VSA se ambassade in irak se woordvoerder, het Vrydag gesê hulle ondersoek die saak. "Ons is vas beslote om die feite vas te stel."
Hulle kon egter vandag nog nie verdere besonderhede deurgee nie.
- Sapa