Irak – selfmoordbom aanval eis 7
2009-07-30 17:14
Ramadi, Irak – Ten minste sewe mense is dood en 32 is beseer in ‘n selfmoord-bomaanval Donderdag op die polisie in Irak.
Volgens polisielede en amptenare by ‘n plaaslike hospitaal in Al-Qaim, ‘n dorp naby die grens tussen Irak en Sirië, is twee kinders dood en vier huise verwoes tydens die aanval.
Die bomaanval het ‘n polisiestasie in die dorp, sowat 450 km wes van Bagdad, geteiken.
Die polisie het gesê die dodetal kan klim aangesien verskeie slagoffers van die aanval onder die puin begrawe is.
- Sapa
- Sapa - AFP