Irak: 12 dood ná motor ontplof
2012-01-15 11:30
Bagdad – Minstens 12 mense is Sondag dood toe 'n motor naby polisiekantor in die noorde van die Irakse hoofstad, Bagdad, ontplof het.
Die bomontploffing in die dorp van Baiju, sowat 200 km naby Bagdad, het ook nabygeleë regeringsgeboue en winkels beskadig, het bronne gesê.
Dié ontploffing kom slegs 'n dag nadat minstens 61 Sjiïtiese-pelgrims in 'n selfmoordbomaanval in die suidelike stad van Basra dood is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA