Internasionale renosterhoring-sindikaat oopgevlek
2012-02-23 15:00
Johannesburg – Amerikaanse federale natuurlewe-ondersoekbeamptes het 'n internasionale renosterhoring-sindikaat oopgevlek wat horings aan kopers in China en Viëtnam verkoop het, het RSG Donderdag berig.
Meer as 150 federale speurders het toegeslaan op huise en sake-persele in 12 Amerikaanse state.
Hulle het beslag gelê op meer as 'n miljoen Amerikaanse dollar, 'n miljoen dollar se goudstawe, diamante, Rolex-horlosies en 20 renosterhorings.
Anders as met ander gevalle waar geglo word dat dit 'n seksopkikker is, is die jongste bewerings deur Oosterse kopers dat renosterhoring kanker kan genees.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter