Insulien-soutwater eis nóg twee
2011-07-21 22:58
Londen – Nóg twee mense is in ‘n Britse hospitaal dood ná
‘n verpleegster die pasiënte vermoedelik met 'n insulien-besmette soutoplossing ingespuit het.
Vier mense is reeds weens die besmette
soutoplossing oorlede.
Ander sterftes in die hospitaal word tans
ondersoek om te bepaal of daar enigsins bewyse van vuil spel is.
‘n Sewe-en-twintig-jarige verpleegster is
Woensdag in hegtenis geneem op aanklagte daarvan dat sy verantwoordelik is vir die dood
van vier pasiënte by die Stepping Hill-hospitaal in Manchester.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP