Insident op vliegtuig glo terreur-aanval
2009-12-26 03:01
Washington – ‘n Man wat probeer het om plofstof aanboord van ‘n Amerikaanse vliegtuig aan die brand te steek, het aan ondersoekbeamptes gesê hy is ‘n Al-Kaïda-filiaal.
Die vliegtuig, onderweg vanaf Amsterdam, was besig om in Detroit te land.
Die man het glo aan ondersoekbeamptes gesê hy het die plofstof in Jemen gekry, tesame met instruksies oor wanneer hy dit moes gebruik.
Pres. Barack Obama, wat saam met sy familie in Hawaii vakansie hou, is van die voorval ingelig, en het ‘n telefoniese konferensie met sy nasionale sekuriteitspan gehou.
Sandra Berchtold, ‘n FBI-woordvoerder, het gesê 'n ondersoek is steeds aan die gang.
- Sapa-AFP