Indonesiese vulkaan bars twee keer uit
2011-07-18 18:31
Djakarta – ‘n Indonesiese vulkaan het Maandag twee keer uitgebars en het mense gedwing om in veilige skuilings te bly, het ‘n vulkanoloog van die regering gesê.
“Die twee uitbarstings het binne 10 sekondes gebeur en het dik as en rook gevorm wat ongeveer 600 m in die lug opgeskiet het," het Freddy Korompis gesê.
Berg Lokon het Sondag sy grootste uitbarsting ervaar, met groot aswolke wat 3 500 m in die lug opgeskiet het.
Meer as 5 200 mense is reeds uit hul huise ontruim en word in tydelike skuilings gehuisves sedert ‘n vulkaan Donderdag uitgebars het. Inwoners is vroeg verlede week al oor dié vulkaan gewaarsku.
‘n Sweedse toeris is in 1991 dood toe dieselfde vulkaan uitgebars het.
Indonesië het 129 vulkane wat aktief is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA