Indonesiërs 'bid in verkeerde rigting'
2010-07-17 07:02
Djakarta. – Indonesiese Moslems het gister uitgevind hulle bid nog altyd in die verkeerde rigting nadat die land se hoogste Islam-owerheid se riglyn oor die rigting van Mekka mense verkeerdelik met hul gesigte na Afrika laat bid het.
Moslems is veronderstel om hul gesigte na die heilige stad Mekka in Saoedi-Arabië te draai wanneer hulle bid. Die Indonesiese Ulema-raad (MUI) het in Maart ’n edik uitgereik wat wes aandui as die aangewese rigting vir die Moslem-land met die hoogste bevolking ter wêreld.
Die hoof van MUI, Cholil Ridwan, het egter gesê: “Ons beveel nou aan dat mense die rigting effens noordwes aanpas.”
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters