Indonesië steier ná twee rampe

2010-10-28 07:30
Tweets Share Share line Print

Djakarta. – Meer as 300 mense is tot dusver dood in die tsoenami en dodelike vulkaan-uitbarsting in Indonesië terwyl meer as 400 mense vermis en tienduisende dakloos gelaat is, het die owerhede gister gesê.

Een van Indonesië se aktiefste vulkane het Dinsdag rook en gas in die lug vrygestel en minstens 28 mense is dood en 14 beseer.

Berg Merapi, in die buitewyke van die stad Yogyakarta op die eiland Java, het uitgebars ’n dag nadat ’n tsoenami afgeleë eilande in die weste van Indonesië getref het.

Die dodetal in die tsoenami staan op minstens 282, het ’n provinsiale rampbestuursbeampte in Wes-Sumatra, Ade Edward, gesê.

Die tsoenami, wat gevolg het ná ’n aardbewing van 7,5 op die Richterskaal byna 80km wes van Suid-Pagai, het verskeie woongebiede en ’n oord vir branderplankryers platgevee. Minstens 411 mense word nog vermis, het Edward gesê.

Die nasionale rampbestuurs­agentskap het op sy webwerf gesê 4000 mense is weens die tsoenami dakloos gelaat.

Metro TV het beeldmateriaal uitgesaai van verwoeste woongebiede terwyl die oorlewendes deur die puin na besittings soek.

Die owerhede sukkel om albei rampe te hanteer en meer as 40000 inwoners is van die hange van Berg Merapi verwyder.

Kresno Heru Nugroho, ’n woordvoerder van die Sardjito-hospitaal in Yogyakarta, het gesê die 28 oorledenes van die vulkaan is dood weens kragtige sarsies warm lug wat deur die vulkaan vrygestel is.

Sy kollega, Endito Sri Andrianti, het gesê sommige van die slagoffers se lyke is verkool.

Baie Indonesiërs het huldeblyke op Facebook en Twitter geplaas vir die bejaarde geestelike beskermheer van die berg, Mbah Maridjan, wat vermoedelik ook dood is. Toetse word gedoen om vas te stel of een van die lyke wat gevind is, syne is. Indonesiërs glo dat Maridjan rituele magte gehad het wat die vulkaan in bedwang gehou het.

Volgens berigte is baie van die slagoffers in of naby Maridjan se huis in Kinahredjo gevind.

Indonesië se top-vulkanoloog, Suroni, het gesê Berg Merapi is vir eers “redelik kalm”, maar het gewaarsku dat dit van korte duur kan wees. “Reddingswerkers is steeds op die hoogste gereedheidsvlak.” 

- Reuters

Lees meer oor: indonesie  |  natuurrampe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.