Indonesië: Vulkaan dood 54
2010-11-05 12:02
Djakarta – Minstens 54 mense is dood en talle ander beseer nadat die Indonesiese vulkaan op berg Merapi weer uitgebars het, het beamptes Vrydag gesê.
Honderde ander mense het erge brandwonde opgedoen en ander sukkel met asemhalingsprobleme.
Dié uitbarsting bring die dodetal na sowat 100 sedert die land se mees aktiewe vulkaan op 26 Oktober begin uitbars het.
"Die aantal lyke wat ons gevind het is 54," het Banu Hermawan, 'n woordvoerder vir die Sarjito algemene hospitaal in Yogyakarta, suid van die vulkaan, gesê.
"Die ontruimingsproses is aan die gang. Ons vrees dat nog mense kan sterf omdat sommige plekke ontoeganklik is weens en vulkaniese as en materiaal."
Volgens reddingswerkers en ooggetuies is meeste van die oorledenes kinders van die dorp Argomulyo sowat 18km van die krater.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA