Indonesië: Tsoenami-dodetal styg
2010-10-29 11:02
Djakarta, Indonesië – Die dodetal van die tsoenami wat westelike Indonesië vroeër vandeesweek getref het, staan op 408. Sowat 303 mense is nog vermis.
"Minstens 408 mense is dood en 303 vermis," het Agus Prayitno, rampbestuurbeampte, gesê.
Hy het gesê nog 12 865 woon in tentedorpe op die Mentawai-eilande aan die weskus van Soematra.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP