Indonesië: Dertien sterf toe boot sink
2011-09-24 23:00
Jakarta – Dertien mense is dood en nege word vermis nadat 'n boot Saterdag aan die Indonesiese kus gesink het, het 'n beampte gesê.
"Dertine mense is in 'n bootongeluk dood aan die kus van Raas-eiland. Nege mense word steeds vermis," het die hoof van die land se soek-en-reddingspan, Sutrisno, gesê.
"Sover het ons 18 oorlewendes gevind en skat dat daar 40 passasiers en bemanningslede aanboord was ten tyde van die ongeluk," het Sutrisno, wat net een naam het, gesê.
Die Indonesiese eilandgroep van sowat 17 000 eilande het 'n swak veiligheidsrekord en noodlottige ongelukke vind gereeld plaas.
Dinsdag is sowat 25 mense dood toe hul boot aan die kus van Bali gesink het.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- AFP