Indonesië: Agtjarige meisie sterf in aardbewing
2013-01-22 09:29
Video - Klein tsoenami ná aardbewing in Japan
’n Ooggetuie vertel hoe geboue vir meer as ’n minuut geskud het toe ’n aardbewing Japan se noord-oostelike kus geruk het.
KYK
Banda Aceh – 'n Jong meisie is dood en minstens nege mense is beseer toe ‘n aardbewing Dinsdag Indonesië se Aceh-provinsie getref het, het ‘n beampte gesê.
Die aardbewing, wat 6,0 gemeet het, het om 05:22 (10:22 GMT Maandag) plaasgevind.
‘n Agtjarige meisie van die Pidie-streek is dood en nege mense is beseer, het die plaaslike nooddienste gesê.
Sayed Muliadi, die streeksekretaris, sê ses van die slagoffers word vir ernstige beserings behandel.
Meer as 100 huise het skade opgedoen, het hy bygevoeg.
"Die aardbewing het baie sterk gevoel en ek het gebid dat daar nie ‘n tsoenami sal wees nie,” het ‘n inwoner met die naam Maryani gesê.
'n Tsoenami wat in 2004 in die Indiese Oseaan ontstaan het, het meer as 170 000 mense se lewens in Aceh geëis.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA