Indonesië: 88 Liggame gevind ná boot sink
2011-12-22 22:18
Djakarta – Agt-en-tagtig liggame is reeds gevind, vyf dae ná 'n boot met sowat 250 migrante aan die Indonesiese kus van Java gesink het.
Sommige van die liggame is aan die oord-eiland, Bali gekry.
Die boot het volgens berigte vlugtelinge afkomstig van Afghanistan, Iran en Pakistan na Australië vervoer, toe dit Saterdag in 'n stormagtige see gesink het.
Nege-en-veertig mense is gered, terwyl sowat 'n 100 nog vermis word.
Oorlewendes sê daar was te min lewensreddingtoerustig aan boord van die veselglasboot, wat ontwerp is om 100 mense te vervoer.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.