Indiese vliegramp: Oorlewendes beskryf neerstorting

2010-05-22 13:04
Tweets Share Share line Print

Bangalore – ‘n Air India Express-vliegtuig het Saterdag in Mangalore in die suide van Indië neergestort ná dit die aanloopbaan gemis het.

Die vliegtuig, wat vanaf Doebai na Indië gevlieg het en 160 passasiers aan boord gehad het, het daarna in vlamme uitgebars.

Die lewens van 159 mense is geëis nadat ‘n paar oorlewendes uit die brandende wrak ontsnap het.

“Sover ons weet is agt mense gered en na plaaslike hospitale in Mangalore vir behandeling geneem,” het Anup Shrivasta, die direksielid van Air India, tydens ‘n perskonferensie in Moembaai gesê.

Volgens ‘n polisiebeampte het een van die oorlewendes, ‘n sewejarige seun, later weens sy beserings gesterf.

Een oorlewende, Umer Farooq, het aan die NDTV-nuuskanaal vertel dat hy ‘n harde geluid gehoor het toe die vliegtuig geland het.

“Die vliegtuig het daarna van rigting verander en in die rigting van ‘n paar bome beweeg. Die kajuit het toe met rook gevul. Ek het aan ‘n paar kabels vasgehaak, maar het later uitgeklouter,” het Farooq vanuit sy hospitaalbed vertel.

Hy het brande aan sy arms, bene en gesig opgedoen.

KP Manikutty, ‘n ander oorlewende, sê hy het uit die brand ontsnap en slegs ligte beserings opgedoen.

Volgens hom het die passasiers geen waarskuwing gekry oor enige gevaar nie.

"Dit het gelyk asof ons veilig sou land," het hy vertel.

“Toe ons die grond raak het die vliegtuig onmiddelik begin ruk en oomblikke later iets getref. Dit het toe in die middel geskeur en in vlamme uitgebars. Ek het by die gaping uitgespring,” het hy gesê.

Die nasionaliteite van die passasiers is nog nie bekend nie.

- AFP

Volg Nuus24 op Twitter.
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: vliegongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.