Indiese trein het versnel voor ongeluk
2011-09-14 21:59
Nieu-Delhi – ‘n Ondersoek na die treinongeluk in die suide van Indië waarin 10 mense beseer is, het gevind een van die treine het ‘n stopteken verontagsaam, het die land se minister van spoorweë gesê.
Nog 52 mense is beseer toe die passasierstrein Dinsdag die stopteken verontagsaam het en teen ‘n stilstaande vragtrein sowat 80 km suidwes van Chennai, die hoofstad van die staat Tamil Nadu, gebots het.
Reddingswerkers het Dinsdagnag gespook om beseerde passasiers uit die wrak te red, waar die impak van die ongeluk vyf passasierswaens laat ontspoor het en owerhede gedwing het om ander treindienste Woensdag uit- of af te stel.
Die minister van spoorweë, Dinesh Trivedi, het gesê dit is nog te vroeg in die ondersoek om na enigiemand vinger te wys, maar die voorlopige
bevindings dui daarop dat die passasierstrein ‘n stopteken geïgnoreer en eerder versnel het.
Die treindrywer, wat die ongeluk oorleef het, was nugter en uitgerus voor die ongeluk, het Trivedi gesê.
Indië se spoorwegnetwerk is een van die grootste ter wêreld en vervoer daagliks 14 miljoen passasiers.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP