Indiese minister blameer Weste vir homoseksualiteit
2011-07-05 22:27
Nieu Delhi – Indië se minister van gesondheid het
homoseksualiteit as ‘n “siekte” wat van die Weste af ingevoer is, bestempel, berig Huffington Post.
Hy is fel gekritiseer deur aktiviste, wat hom
daarvan beskuldig dat sy aanmerkings hul stryd teen MIV/Vigs ‘n ernstige
terugslag toegedien het.
Minister Ghulam Nabi Azad het sy opinie tydens
‘n konferensie oor MIV/Vigs in Nieu-Delhi uitgespreek.
Sy standpunt vind veral aanklank by
konserwatiewes in dié land, wat oortuig is dat homoseksualiteit van
die Weste af ingevoer is.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.