Indië laat genadedood toe
2011-03-07 21:00
hNieu Delhi – Die Hooggeregshof in Indië het beslis dat familie
van terminale siek pasiënte, wat deur masjiene aan die lewe gehou word, kan kies
om die masjiene af te sit.
In die verlede was dit heeltemal onwettig om gendedood
toe te pas.
Dié beslissing tel egter slegs vir seldsame
gevalle.
Maandag is ‘n versoek om die genadedood van ‘n 60-jarige vrou,
wat al vir meer as 30 jaar in ‘n koma is, deur die hof verwerp.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA