Indië: Vier mense dood in treinongeluk
2012-01-11 11:05
Nieu-Dehli – Vier mense is Woensdag dood nadat ‘n goederetrein teen ‘n passasierstrein, wat onderweg was na Nieu-Delhi, gebots het, het die polisie gesê.
Een van die passasierwaens het ontspoor. Die ongeluk het in mistige toestande in die Jharkhand-staat plaasgevind.
“Vier mense is dood en vyf word in verskeie hospitale behandel,” het Vijaya Laxmi, ‘n plaaslike polisiebeampte, gesê.
“Geen verdere beserings is aangemeld nie. Ons tref nou voorbereidings om die spoorlyn reg te maak en verwag dat dinge binne ‘n paar uur na normaal sal terugkeer.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP