Inbreker sterf in huiseienaar se badkamer
2010-11-20 02:28
Stratford – ‘n Man het by ‘n huis ingebreek, iets oor ‘n mes geskree, ‘n bejaarde huiseienaar met die vuis in sy gesig geslaan en daarna in ‘n badkamer gesterf weens beweerde steekwonde.
Volgens die polisie in Stratford, Connecticut is die inbreker reeds gesteek toe hy Vrydagoggend net ná 01:00 by die huis inbreek.
Volgens kapt. Ken Bakalar is dit nie duidelik of hy deur iemand anders gewond is en of hy dit aan homself gedoen het nie.
Bakalar het gesê die huiseienaar, Robert Smith, is in sy vroeë 70’s.
Smith het by ‘n paar trappe afgeval, maar was nie ernstig beseer nie, het Bakalar gesê.
Die inbreker is nog nie deur die polisie geïdentifiseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP