In dié stad mag werkers nie baard dra
2010-06-17 15:17
Tokio - 'n Japannese stad wat in die kollig is ná hulle werknemers van die plaaslike regering verbied het om lang baarde te dra, het dié verbod Donderdag verdedig en sê dit hou verband met veldtogte om krag te bespaar.
'n Woordvoerder vir Isesake, 'n stad in noordoostelike Japan met 'n bevolking van sowat 200 000, het gesê daar was geen klagtes van werknemers sedert die verbod verlede maand in werking getree het nie.
"Die verbod op baarde is net een gedeelte van die Cool Biz-veldtog," het Mamoru Hasegawa gesê in verwysing na 'n regeringsinisiatief wat daarop gemik is om die gebruik van lugversorging te verminder deur staatsamptenare aan te moedig om nie baadjies en dasse in die somer te dra nie.
'n Prokureur wat spesialiseer in menseregte, het gesê dié verbod skend werknemers se persoonlike vryheid.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP