Ierse premier lewer skerp kritiek teen Kerk
2011-07-20 20:14
Londen – Die Ierse premier, Enda Kenny, het skerp kritiek teen die Rooms-Katolieke Kerk in die parlement uitgespreek.
Hy het gesê die bevindinge van die Cloyne-verslag, wat handel oor bewerings dat priesters kinders in die stad Cork seksueel mishandel het, het bewys verandering is dringend nodig.
Kenny het gesê die verhouding tussen die kerk en die staat sal nooit weer dieselfde wees nie.
“Die verkragting en marteling van kinders is as kleinigheid afgemaak om die opperkerk-voogdy te beskerm,” het hy gesê.
Die verslag het die elitisme, disfunksie en selfaanbidding van die Vatikaan openbaar, het hy bygevoeg.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.