Ierse huiseienaars mag nou op inbrekers skiet
2012-01-19 11:01
Dublin – Ierse huiseienaars mag nou enigiemand wat hul huis onwettig betree, skiet, het Irish Central berig.
Die besluit het erge kritiek deur vegters vir burgerlike vryhede ontlok.
Ingevolge wetgewing word huiseienaars toegelaat om “redelike mag” te gebruik om hulself, hul families en eiendom te beskerm.
Die nuwe wet het die balans van regte terug na die huiseienaar laat val indien daar by sy huis ingebreek word, “soos wat dit nog altyd moes wees,” het ‘n top Ierse polisiebeampte gesê.
Voor die nuwe wet van krag geword het, moes huiseienaars weg beweeg van 'n betreder. "Dit was ondraaglik,” aldus die polisievereniging vir superintendente en inspekteurs.
– Lees die volledige artikel op Irish Central.
– Volg Nuus24 op Twitter.