Identiteit van liggaamsdele by Hollywood-bord bekend
2012-01-23 20:00
Hollywood – Familielede van die man wat in stukke naby die Hollywood-bord gevind is, sê hulle het geen idee wat met hom kon gebeur het nie.
Christina Serenyo, ‘n niggie van Hervey Medellin, het aan KTLA gesê die familie is baie geskok.
Medellin (66) het die afgelope jaar ‘n woonstel met sy kêrel in Hollywood gedeel. Die polisie het die kêrel talle kere ondervra, maar hy is nie ‘n verdagte nie.
Twee mense wat met hul honde gaan stap het, het verlede week op Medellin se kop onder die bekende Hollywood-bord afgekom.
‘n Dag later is sy hande en voete by die befaamde bord gevind.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter