Identiese tweeling sterf op dieselfde dag
2011-06-03 22:59
New York – ‘n Identiese tweeling, Julian en Adrian
Riester, wat 92 jaar gelede etlike sekondes na mekaar gebore is, het op dieselfde dag gesterf.
Die tweeling, wat in Buffalo gebore is, was
albei monnike wat vir 65 jaar saam by die St.Bonaventure Universiteit gewerk
het.
Hulle het meestal houtwerk en tuinwerk gedoen
en besoekers geleenthede gegee lughawe toe of in die dorp rondgery.
Hulle is Woensdag by die St. Anthony Hospitaal
in St. Petersburg, Florida oorlede.
Julian Riester is die oggend en sy broer,
Adrian is later die aand, oorlede.
Hulle is albei weens hartversaking oorlede.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP